deur ARINA DU PLESSIS
25 September 2012

1412 keer gelees | 0 kommentaar

’n Klassieke, gebakte kaaskoek is altyd gewild op ’n teetafel.


Hierdie is my staatmaker-resep. Ek vat kortpad en maak die vulsel in die voedselverwerker aan – só duur dit skaars 10 minute om die kors én vulsel kant en klaar te maak.

Ek het dié kaaskoek met bloubessie-compote versier, maar jy kan dit sonder versiersel voorsit of versier met iets anders waarvan jy hou. Dit sal net so lekker wees met suurlemoensmeer of ’n lagie karamelkondensmelk bo-op.

Kors
1 x 200 g pakkie Tennis- of Mariebeskuitjies, fyngekrummel
125ml gesmelte botter

Vulsel
3x250ghouers geroomde of gladde maaskaas
1 x 230ghouer ongegeurde roomkaas
180 ml strooisuiker
1/2 vanieljepeul, saadjies uitgeskraap OF
10 ml vanieljegeursel
4eiers
15 ml mielieblom
10 ml koekmeel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n veerklamppan van 24 cm goed. Meng die beskuitjiekrummels en gesmelte botter goed saam (jy kan dit ook in ’n voedselverwerker pols). Gooi die klam krummelmengsel in die pan en gebruik ’n eetlepel omdie krummels vir die kors teen die kante en op die boom van die pan vas te druk. Hou eenkant. Sit al die bestanddele vir die vulsel in ’n voedselverwerker en pols tot net glad (moenie te lank of te veel meng nie). Giet die vulsel versigtig in die kors. Sit die veerklamppan op ’n bakplaat (dit voorkom dat botter wat uit die kors smelt in jou oond uitdrup en begin brand of rook) en bak die kaaskoek vir ongeveer 45-60 minute tot net-net ferm. Skakel die oond af, maak die oonddeur oop en laat die kaaskoek vir 30 minute so afkoel. Haal uit die oond en laat buite verder afkoel tot kamertemperatuur. 

Vir bloubessie-bolaag: Verhit 300 g vars of bevrore bloubessies, ’n skeut water, 250 ml witsuiker en ’n skeut suurlemoensap oor lae hitte. Roer aanhoudend tot suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en kook vinnig tot dik en stroperig. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Skep op kaaskoek net voor jy dit voorsit. Lewer 12-14 porsies.



Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights