Deur ARINA DU PLESSIS
10 Julie 2012

3853 keer gelees | 1 kommentaar

’n Paar jaar gelede was dit in die mode om bredie in ’n heel pampoen te bak en dit dan uit die gaar pampoen op die skep. Hierdie is ’n meer moderne variasie.


1 kleinerige, heel pampoen
45 ml botter
1 ui, gekap
3 knoffelhuisies, gekap
1 x 250 g repiespek, gesnipper
500 ml bevrore ertjies
30 ml basielpesto
750 ml vars broodkrummels
2 wiele fetakaas, gekrummel
’n Halwe wig bloukaas, gekrummel
Vars gemaalde swartpeper
250 ml room

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n oondbak met ’n groot vel foelie uit. Sny die bokant van die pampoen af en hou eenkant. Skep die pitte en vesels uit en gooi weg. Sit die uitgeholde pampoen in die voorbereide oondbak. Smelt die botter in ’n pan en braai die ui daarin tot sag. Voeg die knoffel en spekvleis by en braai tot gaar. Voeg die ertjies en pesto by en braai tot die ertjies ontdooi is. Verwyder van die hitte en roer die krummels en kase by.

Geur goed met vars gemaalde swartpeper. Skep die mengsel in die pampoen en giet die room oor. Bedek met die pampoen se bokant en vou die foelie se kante oor die pampoen sodat dit heeltemal bedek is. Bak vir 2½ uur tot die pampoen baie sag is. Sit voor as ’n ete, met slaai of as bygereg by ’n braai. Lewer agt porsies.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


EMK

2012/07/16 09:09:04 AM

Moenei die pitte weggooi nei alla wereld! Gerooster is dit 'n heerlike happie. En die res - komposhoop toe!!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights