Gebraaide lamsrib met chimichurri

Deur Arina du Plessis
23 Desember 2016
Chimichurri is ’n Argentynse sous wat gewoonlik saam met geroosterde vleis bedien word.

Dié resep is ’n uittreksel uit Rooi Rose Kuierkos deur Vickie de Beer.

■ 60 ml olyfolie
■ die skil van 2 suurlemoene
■ 4 knoffelhuisies, fyn gemaak
■ 1 groot lamsrib
■ 4 halwe suurlemoene (gebruik sommer dié waarvan jy vroeër die skil gerasper het)

Chimichurri
■ 300 g kersietamaties, opgesny
■ 1 rooi ui, fyn gekap
■ 3 knoffelhuisies, fyn gemaak
■ Groot hand vol pietersielie, gekap
■ 5 ml rissievlokkies
■ 5 ml paprika
■ 5 ml fyn komyn
■ 1 lourierblaar, gekap
■ 80 ml olyfolie
■ 60 ml rooiwynasyn

Meng die olyfolie, suurlemoenskil en knoffel en vryf die rib daarmee in. Laat staan vir 30 minute.

Meng al die chimichurri-bestanddele goed en hou eenkant. Sit die halwe suurlemoene saam met die vleis op die rooster. Braai die rib met die beenkant ondertoe vir 15 min., draai dit om en braai dan die vetkant vir 15 min. stadig oor matige kole.

Hou dit heeltyd dop en draai die rib om as die vet vlam vat. Braai die rib so tot gaar, terwyl jy dit gereeld omdraai sodat die vet uitbraai. Druk die suurlemoensap oor die rib uit en sit voor met die chimichurri-sous. Lewer 8-10 porsies.

Vars idees en resepte vir enige kuier
Kuierkos_humanrousseaucom

“Kuier” is die woord wat ons Suid-Afrikaners se benadering tot saamwees verwoord. ’n Kuier is ’n uitnodiging om rondom lang tafels, ronde tafels, op stoepe en voor kaggels, op komberse, op grasperke of sandduine, onder koeltebome of sambrele gesellig te verkeer.

Dit is die belofte wat Vickie de Beer, bekroonde kosskrywer en kosredakteur van die tydskrif Rooi Rose, se nuwe kookboek inhou. In Kuierkos vier sy die lekkerte van saamwees en saameet met ons hartsmense. Met afdelings vir Moedersdag, Sondagmiddagete, ’n fyntee vir ouma, piekniek met pelle en ’n sop-en-brood-opskop (om maar ’n paar te noem) gee sy hope idees en smullekker resepte vir vele luilekker, uitgerekte kuiers.

Kuierkos word uitgegee deur Human & Rousseau en kos R330.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels

  • Klappervlatert. Foto: Myburgh du Plessis

    Klappervlatert

    Van ons gunsteling-boerekos-lekkernye begin, of word afgerond, met vla. Ons toet[…]

  • Gebakte heuning-en-kaneelvla. Foto: Myburgh du Plessis

    Gebakte heuning-en-kaneelvla

    ’n Ryk en romerige nagereg waaraan mense wat graanprodukte vermy, ook saam kan[…]

  • Penne met eiervrug-en-tamatiesous. Foto: Berna Coetzee

    Penne met eiervrug-en-tamatiesous

    Hierdie geurige groentesous is ’n variasie op die bekende Italiaanse gereg cap[…]