Deur ARINA DU PLESSIS
5 September 2012

1078 keer gelees | 0 kommentaar

’n Heerlike winternagereg of teetyd-tert. Maak dit met pere, appels of ingelegde kweperskywe en pas die speserye na smaak aan.


45 ml sagte botter
250 ml bruinsuiker
2 eiers
60 ml melk
5 ml vanieljegeursel
310 ml bruismeel
5 ml fyn gemmer
1 x 410 g blik peerhalwes, gedreineer en in skyfies gesny
Stroop
250 ml room
250 ml ligbruinsuiker

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak. Sit die botter, suiker, eiers, melk en vanieljegeursel in die voedselverwerker en pols tot goed gemeng. Voeg die meel en gemmer by en pols tot ’n gladde beslag vorm. Skep in die oondbak en smeer gelyk. Pak die peerskyfies boop en bak vir 35 minute tot goudbruin en gaar.

Verhit intussen die room en suiker oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Prut vir 30 sekondes en giet die kokende stroop oor die warm tert sodra dit uit die oond kom. Laat staan vir 15 minute sodat die stroop kan intrek en sit warm (met roomys of vla) of teen kamertemperatuur (met geklopte room) voor. Lewer agt porsies.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights