Gepiekelde kruiekomkommers

Deur Arina du Plessis
2 Augustus 2017
Om bederfbare produkte waarvan jy te veel het, te preserveer en vir later te bêre is ’n eeue oue gebruik wat nooit sal uitsterf nie.

■ 2 groot komkommers of 5 klein komkommers

Piekelvloeistof
■ 750 ml wit druiweasyn
■ 500 ml suiker
■ 12 ml growwe sout
■ 2 vars lourierblare
■ 5 ml elk dillesaad, gemengde droë kruie, wit mosterdsaad en swart peperkorrels

Sny die komkommers in dun skyfies en pak dit in ’n groot, gesteriliseerde glasfles. Verhit die res van die bestanddele in ’n kastrol tot die suiker gesmelt is.

Verhit verder tot kookpunt en laat kook vinnig vir 1 minuut. Giet die warm vloeistof oor die komkommers in die fles. Verseël met ’n gesteriliseerde deksel en laat afkoel tot kamertemperatuur.

Laat staan vir minstens drie dae voor jy die piekels gebruik. Lewer 750 ml piekels.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels