Deur ARINA DU PLESSIS
15 Mei 2012

3381 keer gelees | 1 kommentaar


8 groot tamaties
150 g sagte bokmelkkaas
250 ml varswitbroodkrummels
1 eier
8 basielkruidblare, gekap
45 ml olyfolie
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 190 °C. Sny die bokant van elke tamatie af en skep die pitte uit. Klop die bokmelkkaas, broodkrummels, eier, basielblare en tamatiepitte met 20 ml van die olyfolie tot goed gemeng en geur met sout en peper.

Pak die tamaties in ’n oondbak en geur die holtes met sout. Skep die vulsel in die hol tamaties en sit die bokante weer op. Drup die res van die olyfolie oor en bak vir 20 minute. Sit warm of teen kamertemperatuur voor met ’n kruieslaai. Lewer vier porsies.

15 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


stoffel

2012/06/01 01:53:48 PM

Onthou die een vrou maak en kyk hoe dit smaak. Lief jouxxx

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights