Deur ARINA DU PLESSIS
10 Mei 2012

1563 keer gelees | 0 kommentaar


Kors
200 g soutkoekies (soos Salticrax)
100 ml gerasperde parmesaankaas
100 ml gesmelte botter
Vulsel
500 g roomkaas
250 g geroomde maaskaas
3 ekstragroot eiers
100 g bloukaas, gekrummel
1/2 wiel fetakaas, gekrummel
Bolaag
100 ml songedroogde tamatiepesto
100 ml ontpitte olywe

Voorverhit die oond tot 180 °C. Verwerk die soutkoekies tot krummels en voeg die gerasperde kaas en botter by. Meng goed. Skep in ’n losboomkoekpan van 22cm en druk die krummels op die boom van die pan vas. Bak vir 15 minute.

Terwyl die kors bak, klits die bestanddele vir die vulsel goed saam. Haal die kors uit die oond en verlaag die oondtemperatuur tot 160 °C. Skep die kaasmengsel op die kors, sit terug in die oond en bak vir 30-40 minute tot die kante ferm, maar die binnekant nog effens sag is.

Haal uit die oond en laat die koek in die pan afkoel. Verkoel tot 30 minute voor opdiening. Smeer tamatiepesto oor koek en sprinkel olywe en roket oor. Lewer 14-16 porsies.

10 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights