21 Mei 2012

1278 keer gelees | 0 kommentaar


Gesmelte botter en koekmeel vir die soufflé-bakkies
Soufflé
45 ml botter
50 g koekmeel
250 ml volroommelk
2 eiergele
60 ml gekrummelde bloukaas
60 ml gerasperde Gruyere
Knippie neutmuskaat
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
5 eierwitte

Soufflé is een van daardie geregte wat mense afskrik omdat dit so temperamenteel is en jou tydsberekening perfek moet wees.

Daar’s ’n goue reël wat jou sal help–moenie die oonddeur oopmaak vanaf die tyd dat jy die soufflé in die oond sit tot aan die einde van die baktyd, wanneer dit ’n diep, goudbruin kleur bo-op het nie. As die oondtemperatuur konstant bly terwyl die soufflé rys en gaar word, sal dit mooi hoog gerys bly wanneer jy dit tafel toe dra.

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer vier ramekins of ander hoë bakkies goed met gesmelte botter en bestuif elkeen met koekmeel. Maak ’n witsous met die botter, koekmeel en melk.

Prut, terwyl jy roer, vir een tot twee minute en verwyder van die hitte. Laat staan vir ’n paar minute en klits dan die eier-gele, kaas, neutmuskaat, sout en peper by. Klits eierwitte tot stywe punte vorm. Roer ’n groot lepelvol by die kaassous tot goed gemeng en vou dan die res van die geklopte witte liggies by die sous in.

Verdeel mengsel tussen ramekins en bak vir 20-25 minute tot uitgerys en diep goudbruin. Haal uit oond en sit dadelik voor. Lewer vier porsies.

21 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights