8 Augustus 2012

3860 keer gelees | 0 kommentaar

Dié resep vir kerrie-afval is een van Dine van Zyl se resepte en kom uit haar boek Afval en ander afvalligheidjies.


1 volledige skaapafval (skaapkop, pens en pootjies), skoongemaak
250 ml aartappelblokkies
250 ml asyn
15 ml sout
5 ml swartpeperkorrels
Vir afronding
12 klein aartappeltjies, ongeskil
125 ml appelkooskonfyt
Meng die kerriemengsel
30 ml gerasperde, vars gemmer
5 kardamomsade, liggies gestamp
5 ml steranys
4 stukke kassia
2 ml rissiepoeier
5 ml fyn komyn
10 ml borrie
4 lourierblare

Sit die harsings binne-in die blokkiespens en bind stewig vas met kombuistou. Sny die res van die pens in klein blokkies. As jou afval supermarkskoon is, gooi ’n ketel kookwater oor en laat staan ’n paar minute. As die pens ’n bietjie wild ruik, kan jy dit so 20 minute lank kook. Gooi die water af.

Sit die harsings binne-in die blokkiespens in die harsingsholte van die kopbeen sodat dit nie breek en wegkook nie. Sit die afval en aartappelblokkies in ’n kastrol. Bedek met kookwater, gooi asyn, sout en peper by en prut twee uur of sit in ’n voorafverhitte oond by 180 °C. Die afval moet sag wees, maar die murg moet nog nie uit die bene gekook wees nie.

As die afval sag is, voeg die klein aartappeltjies by met die appelkooskonfyt. Meng al die bestanddele vir die kerriemengsel en roer dit ook by. Prut nog ’n halfuur tot die klein aartappeltjies sag is. Proe nou die afval. Indien dit te suur is, voeg nog appelkooskonfyt by. Te soet, voeg asyn of suurlemoensap by. Nie sterk genoeg nie, voeg nog rissie by, maar met ’n ligte hand! Lewer 6-8 porsies.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights