23 Julie 2012

1536 keer gelees | 0 kommentaar

Geniet hierdie heerlike hoenderborsies met 'n vars komkommer-en-tamatieslaai daarby.


Hoender
4 ontbeende hoenderborsies
4 knoffelhuisies, fyngedruk
60 ml sojasous
Mielieblom om in te rol
1ml paprika of rooipeper
1-2 eier(s), liggies geklits
Fynbroodkrummels om in te rol
Olie vir vlakbraai

Kap die hoenderborsies platter met die onderkant van jou handpalm. Meng die knoffel en sojasous en giet oor die hoender. Laat staan vir 15 minute. Meng die mielieblom en paprika, plaas in ’n sak, haal die hoenderborsies uit die sojasous, druk effe droog met kombuispapier en plaas in die sak met die mielieblom.

Skud goed tot heeltemal bedek. Rol die hoender in die geklits eier en dan in broodkrummels. Verkoel 15 minute lank. Verhit ’n swaarboompan tot goed warm en giet ’n bietjie olie in om die hele boom met ’n dun lagie te bedek. Plaas twee hoenderborsies met ’n vleistang in die olie en braai tot bruin.

Draai om met die vleistang, sit ’n deksel op en stoombraai tot bruin aan die ander kant en net-net gaar en sappig aan die binnekant. Herhaal met die res van die filette. Sit voor met die komkommer-en-tamatieslaai. Lewer vier porsies.

Komkommer-en-tamatieslaai
Sny 1 komkommer in blokkies en meng dit met 1 gekapte ui en 6 baba-tamaties (in kwarte gesny). Meng 30 ml asyn, 15 ml water en ’n knippie suiker met 30 ml gekapte koljanderblare en giet oor die slaai.     


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights