Deur ARINA DU PLESSIS
25 Junie 2012

3280 keer gelees | 4 kommentaar

Dié resep is amper soos lasagne, maar pleks van pasta, gebruik jy skywe gaar aartappel.


Vleissous
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
10 ml olyfolie
10 ml koljander
5 ml komyn
500 g beesmaalvleis
60 ml tamatiepasta
1 x 410 g blik gekapte tamaties
Water
Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak
45 ml gekapte, vars oreganum

6 middelslag-aartappels, gaar gekook en skille afgetrek
125 ml room
3 ml neutmuskaat
125 ml gerasperde cheddarkaas

Braai die ui en knoffel in die olie tot sag. Voeg die speserye by en braai tot geurig. Voeg die vleis by en braai bruin. Voeg die tamatiepasta en gekapte tamaties by. Maak die tamatieblik vol water en voeg by die vleis. Geur goed met sout, peper en ’n bietjie suiker en roer die oreganum deur. Laat prut vir sowat 20 minute tot geurig en effens verdik.

Voorverhit oond tot 180 °C en sny aartappels in skywe. Begin met ’n dun lagie vleissous onder in ’n oondbak. Pak ’n laag aartappelskywe bo-op en skep nóg ’n lagie vleissous op. Herhaal die lae en eindig met ’n laag aartappels. Giet room oor en sprinkel neutmuskaat en kaas oor. Bak vir 30 minute. Sit voor met ’n mengelslaai. Lewer ses porsies.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


juanita

2012/10/16 01:08:48 PM

Ek gaan hierdir resep vanaand maak,dit klink heeeeerlik en ekonomies daarby!dankie.


zelda

2012/10/18 02:08:24 PM

Lyk lekker


Arrie

2013/04/15 11:10:20 AM

Net die resep vir die klomp wat nie van pasta hou nie


Arrie

2013/04/15 11:12:08 AM

lekker vir die mense wat nie mal is oor pasta nie

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights