Deur ARINA DU PLESSIS
28 Augustus 2012

3467 keer gelees | 3 kommentaar

Wat ook al die geleentheid, dié resep is ’n redding. Dis ekonomies, blitsig en flopvry.


750 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
5ml koeksoda
80 ml kakao, gesif
450 ml suiker
3 ml sout
500 ml warm water
250 ml olie
60 ml asyn
10 ml vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180 grade celcius en smeer ’n standaard-oondpan liggies met olie. Pols die droë bestanddele saam in ’n voedselverwerker tot gemeng. Voeg die water, olie, asyn en vanieljegeursel by en pols tot ’n gladde beslag.

Giet in die oondbak, smeer gelyk en bak vir 20 minute, of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat in die pan afkoel en versier met botterversiersel, gekookte kondensmelk of ganache. Lewer 24 porsies.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


lynette

2013/02/24 08:25:13 AM

kom daar geen eiers in nie, dankie


Arina du Plessis (kosredakteur)

2013/02/25 08:10:05 AM

Hallo Lynette, Nee, die resep is eier-vry. Groete Arina


Renate

2013/05/17 09:24:51 PM

Arina,het jy dalk vir my 'n botterversiersel-resep (soos die op die foto)? Ek moet vir 'n kleuterskoolklassie 'n koek bak en so min as moontlik versiersuiker op die koek smeer. Groete

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights