6 Julie 2012

1250 keer gelees | 0 kommentaar

Dik skywe pampoen wat stadig gerooster word met ’n mengsel van heuning, botter en lemoensap – smullekker.


1 middelslag-botterskorsie of ’n halwe boerpampoen, in wiggies gesny
Sap en fyngerasperde skil van 1 klein lemoen
45 ml heuning
45 ml botter
Knippie kaneel

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Pak die pampoenskywe op die voorbereide bakplaat. Verhit die lemoensap en -skil, heuning, botter en kaneel tot die botter gesmelt is en verf oor die pampoen.

Rooster vir ongeveer 45 minute, maar bedruip gereeld met die heuningsous en draai die pampoenskywe een of twee keer om. Wanneer die pampoen goudbruin en sag is, haal uit die oond en drup enige orige sous bo-oor. Sit warm voor. Lewer ses porsies.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights