Deur ARINA DU PLESSIS
22 Augustus 2012

1565 keer gelees | 1 kommentaar

Ewe lekker vir ontbyt as aandete. Sit dit voor op pap, polenta, koeskoes of kapokaartappels en gebruik enige wors waarvan jy hou.


2 uie, in wiggies gesny
30 ml olyfolie
3 knoffelhuisies, grof gesny
1 rooi brandrissie, gekap
5 ml gekapte, vars oreganum
6 gaar varkworsies, in stukkies gesny
12 gaar beesvleis-chippolatas
200 g kersietamaties
1 x 410 g blik gekapte tamaties
Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak
Vars oreganum om af te rond

Voorverhit die oond tot 200 ÅãC. Sit die uiewiggies in ’n groot oondbak en sprinkel die olie oor. Oondrooster vir 15 minute, skud die pan nou en dan. Voeg die knoffel, rissie, oreganum en worsies by en oondrooster vir minstens 10 minute tot die worsies warm is en begin kleur kry.

Voeg die kersietamaties by en oondrooster vir nog 7-10 minute, tot die tamaties begin bars. Voeg nou die gekapte tamaties by en geur goed met sout, peper en ’n knippie suiker. Sit terug in die oond en rooster tot die tamatiesous borrel. Sprinkel vars oreganum oor en sit voor. Lewer vier tot ses porsies.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Maré

2012/08/22 07:16:36 PM

Probeer uitfigure waar kom die boontjies in?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights