Deur ARINA DU PLESSIS
14 Julie 2010

5961 keer gelees | 3 kommentaar


1 kg sopbene
500 g stowebeesvleis, in klein blokkies gesny
3 uie, fyn gekap
5 wortels, gekap
6 selderystele, gesnipper
2 lourierblare
Handvol vars pietersielie, fyn gekap
4 liter water
Sout en peper na smaak
1 x 410 g blik gekapte tamaties
250 ml (1 k) gort
10 ml (2 t) suiker

Ekstra vars pietersielie en fyn gerasperde suurlemoenskil, om af te rond Verhit die bene, vleis, uie, die helfte van die wortels, die helfte van die seldery, lourierblare, pietersielie, water en ’n bietjie sout en peper saamin ’n groot kastrol tot kookpunt. Bedekenprut stadig vir sowat drie uur, of tot die vleis sag is.

Verwyder die bene en sit die vleis terug in die pot. Voeg die res van die bestanddele by en prut vir sowat een uur, of tot die gort lekker sag is. Geur na smaak. (Voeg ekstra water of ’n bietjie vleisaftreksel by as die sop te veel afkook.)

Lewer 10 porsies.

Landbouweekblad, 9 Julie 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


willem visser

2012/07/27 03:14:19 PM

DIE LEKKERSTE GORTSOP WAT EK IN MY LEWE GEEET HET,NOU IN WINTER 1 KEER PER WEEK GORTSOP,VLG.DAG EERS LEKKER.DANKIE


Esme De Lange

2012/11/27 06:48:32 PM

Het my gortsop resep ook in Landbou Weekblad gekry maar word met skaapvleis gekook ek het nek gebruik, uit die boonste rakke.Defnitief een van my gunsteling soppe.Daardie gerasperde suurlemoenskil doen net daai iets spesiaal.


Esme De Lange

2012/11/27 06:51:45 PM

Nog lekkerder met skaapvleis (nek)en daai gerasperde suurlemoenskil rond hom perfek af.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights