Deur ARINA DU PLESSIS
3 Julie 2012

3026 keer gelees | 1 kommentaar

Dié poffertjies is die gewone pampoenkoekie se wulpse niggie. Goudbruin, soet en stroperig. Groente was nog nooit so lekker nie!


Poffers
750 g gaar pampoen, goed fyn gedruk
Knippie sout
2 eiers, geklits
500 ml bruismeel
Olie, vir diepbraai
Stroop
500 ml witsuiker
250 ml water
125 ml melk
45 ml botter
Knippie sout
10 ml mielieblom
15 ml koue water
5 ml fyn kaneel

Klits die pampoenmoes, sout, eiers en meel saam. Braai teelepelsvol in warm olie tot opgepof en goudbruin. Skep uit met ’n gaatjieslepel, dreineer op kombuispapier en hou warm. Vir die stroop: Verhit die suiker, water, melk, botter en sout saam tot kookpunt. Meng die mielieblom, kaneel en water en roer by die stroop. Prut, terwyl geroer word, tot effens verdik en giet oor die poffertjies. Sit warm voor. Lewer 40 poffertjies.

 

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


sonja

2012/07/16 06:47:02 PM

print aSB RESEP

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights