Pampoenpoffertjies met karamelstroop

Deur Arina Du Plessis
3 Julie 2012
Dié poffertjies is die gewone pampoenkoekie se wulpse niggie. Goudbruin, soet en stroperig. Groente was nog nooit so lekker nie!

Poffers
750 g gaar pampoen, goed fyn gedruk
Knippie sout
2 eiers, geklits
500 ml bruismeel
Olie, vir diepbraai
Stroop
500 ml witsuiker
250 ml water
125 ml melk
45 ml botter
Knippie sout
10 ml mielieblom
15 ml koue water
5 ml fyn kaneel

Klits die pampoenmoes, sout, eiers en meel saam. Braai teelepelsvol in warm olie tot opgepof en goudbruin. Skep uit met ’n gaatjieslepel, dreineer op kombuispapier en hou warm. Vir die stroop: Verhit die suiker, water, melk, botter en sout saam tot kookpunt. Meng die mielieblom, kaneel en water en roer by die stroop. Prut, terwyl geroer word, tot effens verdik en giet oor die poffertjies. Sit warm voor. Lewer 40 poffertjies.

 

 


Kommentaar

Kommentaar (3) “Pampoenpoffertjies met karamelstroop

  1. lynette
    lynette

    lekker

  2. alerina pretorius
    alerina pretorius

    Lekkerder as koeksisters

  3. Marina Nel
    Marina Nel

    Dit lyk heerlik.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.