Deur ARINA DU PLESSIS
9 Julie 2012

2992 keer gelees | 0 kommentaar

Pampoentert is seker die gewildste winterlekkerny in Amerika. Die truuk om die beste geur te kry, is om die pampoen te rooster, nie te kook nie.


1 klein pampoen, geskil en in blokkies gesny
Olie
2 kaneelstokke
250 ml ingedampte melk of room
1 x 400 g rol reg-om-te-gebruik broskorsdeeg (of maak jou eie)
125 ml ligbruinsuiker
4 eiers
5 ml fyn kaneel
3 ml fyn gemmer
5 ml vanieljegeursel
Knippie neutmuskaat
Knippie sout

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n oondbak met olie. Pak die pampoenblokkies en kaneelstokke in ’n enkellaag in die oondbak en bedruip met ’n bietjie olie. Oondrooster vir ongeveer 35-40 minute, tot gaar en goudbruin. Rol intussen die deeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak en voer ’n gesmeerde losboomtertbord van 24 cm met die broskorsdeeg uit. Prik die boom met ’n vurk en verkoel vir 30 minute.

Wanneer die pampoen gaar is, haal uit die oond en laat effens afkoel. Verlaag die oondtemperatuur tot 180 °C en bak die broskorstertkors vir 12 minute. Haal die kaneelstokke uit en verpulp die pampoen tot glad met 125 ml van die ingedampte melk of room. Klits die res van die ingedampte melk (of room), suiker, eiers, kaneel, gemmer, vanieljegeursel, neutmuskaat en sout by. Giet in die tertkors en bak vir 30 minute tot ferm. Laat afkoel en sit teen kamertemperatuur voor met geklopte room. Lewer 12-14 porsies.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights