Deur ARINA DU PLESSIS
31 Julie 2012

1207 keer gelees | 2 kommentaar

As jy die dag lus is vir iets ligter en jy’t min tyd om kos te maak, is dié resep net vir jou.


500 g pastavorms van jou keuse
45 ml olyfolie
Sap en fyngerasperde skil van 1 groot suurlemoen
5 ml heelkorrelmosterd
4 ryp, ferm avokados, geskil en in blokkies gesny
2 groot handevol roketblare, gewas en drooggedruk
2 wiele fetakaas, fyn gekrummel

Kook die pasta in ’n groot pot vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Klits die olyfolie, suurlemoenskil en -sap en mosterd saam. Sodra die pasta gaar is, voeg 80 ml van die kookvloeistof by die oliemengsel en roer deur.

Dreineer die pasta en skep in ’n groot bak. Giet die sous oor die pasta en meng deur. Laat dit effens afkoel en voeg die avokado, roket en feta by. Meng liggies en sit dadelik voor. Lewer 4-6 porsies. LB
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


pierre

2012/08/02 03:56:10 PM

Al die kos lyk heerlik en het al baie resepte probeer kan dit nie meer aflaai nie moet nou met die hand afskryf hoekon nou so of is ek dom Groete Pierre


pierre

2012/08/02 03:57:31 PM

Ek was glad nie beledigend gewees nie ek verstaan nie

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights