Plaaskombuis 2: Anders op Affilande

Deur Arina du Plessis
17 Mei 2017
By Adri en Leon Swart se gasteplaas, Affilande, gaan daar nie vir jou doodgewone rys, vleis en aartappels voorgesit word nie. Plaaskombuis is op VIA (DStv-kanaal 147), Woensdae om 18:30.

Geposjeerde pere in sjokolade met okkerneutroom

Pere
■ 1,5 liter water
■ 250 ml strooisuiker
■ Fyngerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
■ 1 vanieljepeul, saadjies uitgeskraap
■ 8 ryp, maar ferm pere

Sous
■ 315 g sjokolade, in klein stukkies gebreek

Verhit die water in ’n diep kastrol met ’n omtrek van 23 cm. Voeg die suiker, suurlemoenskil en -sap en die saadjies van die vanieljepeul by.

Verhit oor lae hitte, terwyl geroer word tot die suiker opgelos het. Verhit dan verder tot kookpunt. Skil die pere met ’n groenteskiller, maar hou die steeltjies aan. Sny ’n dun skyfie aan die onderkant van elke peer af (sodat dit regop kan staan) en skep die pitte versigtig uit met ’n spanspeklepel.

Pak die pere in die kokende stroop (laat die pere regop staan). Bedek en prut vir ongeveer 45 minute, of tot die pere sag is, maar nie pap nie. Laat die pere in die stroop afkoel.

Smelt die sjokolade stadig oor lae hitte tot glad en glansend. Dreineer die pere en doop die onderste helfte in die warm sjokolade. Plaas die pere op ’n opdienbord en versier met eetbare goue strooisel, indien verkies. Sit voor met okkerneutroom (resep hier onder) en ’n skeppie goeie vanieljeroomys. Lewer 8 porsies.

Okkerneutroom:
Rooster 400 g okkerneute in ’n warm oond tot goudbruin. Sit die neute in ’n voedselverwerker en pols tot ’n pasta. Voeg die okkerneutpasta by 500 g mascarpone en klits dit goed deur terwyl jy 125 ml lemoensap, ’n bietjie vars lemoenskil en suiker na smaak byvoeg.


Kommentaar

Kommentaar (4) “Plaaskombuis 2: Anders op Affilande

  1. Elma Rossouw
    Elma Rossouw

    Ek wil so graag Adri Swart se Flentervarkvleis resep hê. Waar kan ek dit kry? Asseblief. Groete.
    Elma Rossouw wil.rossouw@gmail.com

  2. FRIEDA DU TOIT
    FRIEDA DU TOIT

    Ek wil so graag Adri Swart se Flentervarkvleis resep he .Waar kan ek dit kry Baie Dankie


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels