Deur ARINA DU PLESSIS
20 September 2012

1272 keer gelees | 0 kommentaar

Hierdie heerlike resep begin met een basisresep waarmee die lekkerste kos opgetower kan word.


Basisresep vir geroomde sampioene
60 ml botter
500 g gemengde sampioene, grof gesnipper
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
5ml vars tiemieblaartjies, fyngekap
100 ml sjerrie
500 ml room

Verhit die botter in ’n groot kastrol of diep pan en voeg die sampioene by. Braai vir ’n paar sekondes en geur goed met sout, peper en tiemie. Braai oor hoë hitte tot die sampioene amper gaar is en voeg die sjerrie by. Braai verder tot die meeste van die sjerrie weggekook is en voeg die room by. Kook en roer aanhoudend tot die mengsel afgekook en die room so dik soos karringmelk is. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Lewer sowat 625 ml geroomde sampioene. 

Steaks
2x200 g rib-oog-steaks
Sout en vars gemaalde swartpeper na
smaak
30 ml olyfolie
1/2 hoeveelheid warm, geroomde
sampioene
5ml Dijon- of heelkorrelmosterd

Geur die steaks met sout en peper en besprinkel met olyfolie. Verhit ’n swaarboompan tot baie warm en seël die steaks aan albei kante. Roer die mosterd by die geroomde sampioene en skep op die steaks. Sit ’n deksel op en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer vyf minute en sit voor met groente. Lewer twee porsies.




Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights