Deur ARINA DU PLESSIS
17 Augustus 2012

1152 keer gelees | 0 kommentaar

Hierdie resep is 'n goeie idee vir 'n lekker poeding saam met Sondagmiddag-ete.


Beslag
125 ml ligbruinsuiker
45 ml botter
2 eiers
160 ml koekmeel
Knippie sout
3 ml bakpoeier
Bolaag
375 ml appelstukkies, sag gekook
5 ml kaneel
60 ml pitlose rosyne
100 g gekapte neute
Stroop
60 ml ligbruinsuiker
15 ml esdoringstroop (‘‘maple syrup’’)
160 ml room
60 ml brandewyn

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak van 22 cm met botter. Verroom die botter en suiker goed en klits die eiers by. Voeg die koekmeel, sout en bakpoeier by en meng tot ’n gladde beslag. Giet in die oondbak en smeer gelyk.

Skep die appelstukkies in ’n eweredige laag bo-op en sprinkel die kaneel, rosyne en neute oor. Bak vir 20-30 minute. Verhit intussen die suiker, stroop en room tot die suiker gesmelt is en verhit tot kookpunt. Prut vir vyf minute, verwyder van die hitte en roer dadelik die brandewyn deur. Giet die kokende stroop oor die warm poeding sodra dit uit die oond kom. Sit louwarm voor met geklopte room. Lewer 8 porsies.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights