Deur ARINA DU PLESSIS
23 Oktober 2012

941 keer gelees | 3 kommentaar

’n Skeut vars suurlemoensap bo-oor, sodra die vis uit die oond of pan kom, is altyd ’n goeie idee.


4 porsies salm met vel
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
3cm vars gemmer, geskil en fyngerasper
1 rooi brandrissie, baie fyngekap
2 knoffelhuisies, baie fyngekap
Fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
15 ml sonneblomolie
15 ml sesam-olie
Ekstra sonneblom- en sesamolie vir braai
Sap van 1 suurlemoen

Geur vis met sout en peper en pak in ’n niemetaalbak. Meng gemmer, rissie, knoffel, suurlemoenskil en 15 ml sonneblom- en sesamolie saamen skep oor vis. Laat staan vir 15 minute. Verhit genoeg sonneblom- en sesamolie vir vlakbraai in ’n groot pan tot baie warm en sit vis met velkant na onder in die pan.

Braai, sonderomomte draai, tot die vel bros is. Skep deurgaans van die olie bo-op die vis. Draai vis om en braai vir 30 sekondes aan die ander kant of tot gaar na smaak. Bedruip met vars suurlemoensap en sit dadelik voor. Lewer vier porsies.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Andrea

2012/10/31 04:19:30 PM

Hi, het jul nie 'n druk funksie op die resepte nie. Sal dit graag wou uitdruk. Groete Andrea


corlivdm

2012/10/31 04:45:58 PM

Hallo Andrea. Jy kan gerus die teks 'copy' en 'paste' in 'n Word-dokument en dit dan uitdruk. Groete en geniet, Corli.


Aleta Corbett

2012/12/15 09:15:46 PM

Hi, ek sien jy verwys na as vis uit die oond of pan kom. Hoe gaan ek te werk om die vis in die oond gaar te maak?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights