Deur ARINA DU PLESSIS
18 September 2012

1865 keer gelees | 1 kommentaar

Hierdie heerlike resep begin met een basisresep waarmee die lekkerste kos opgetower kan word.


Basisresep vir geroomde sampioene
60 ml botter
500 g gemengde sampioene, grof gesnipper
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
5ml vars tiemieblaartjies, fyngekap
100 ml sjerrie
500 ml room

Verhit die botter in ’n groot kastrol of diep pan en voeg die sampioene by. Braai vir ’n paar sekondes en geur goed met sout, peper en tiemie. Braai oor hoë hitte tot die sampioene amper gaar is en voeg die sjerrie by. Braai verder tot die meeste van die sjerrie weggekook is en voeg die room by. Kook en roer aanhoudend tot die mengsel afgekook en die room so dik soos karringmelk is. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Lewer sowat 625 ml geroomde sampioene.  

Pastei
1 gaar, oondgeroosterde hoender
1/2 hoeveelheid koue, geroomde sampioene
1 x 300 g sak spinasie, goed gewas en drooggedruk
100 ml koue hoenderaftreksel van goeie gehalte
1x400 g rol reg-om-te-gebruik skilferkorsdeeg
1 eier, geklits

Sny die hoender in porsies en sny die vleis van die bene af. Sny die hoendervleis in klein stukkies en meng dit met die geroomde sampioene. Snipper die spinasie grof, sit dit in ’n plastiekbak en trek kleefplastiek oor. Steek ’n paar gaatjies in die plastiek en stoom die spinasie in die mikrogolf tot net-net verlep. Sit dit in ’n sif of vergiettes en druk met jou hande enige vloeistof uit die spinasie.

Voeg die spinasie en aftreksel by die hoender-en-sampioenvulsel en meng goed. Proe vir geur en voeg ekstra sout en vars gemaalde swartpeper by, indien nodig. Voorverhit die oond tot 200 grade en smeer ’n oondbak van 20 cm x 20 cm. Rol die skilferkorsdeeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny in twee dele, die een effens groter as die ander. Gebruik die groter deel om die oondbak mee uit te voer sodat die deeg teen die rante opkom.

Skep die vulsel in en smeer gelyk. Bedek die vulsel met die orige stuk deeg en seël die kante met ’n vurk. Smeer geklitste eier oor en bakvir 20-30 minute tot die deeg goudbruin en bros en die vulsel kokend warmis. Sit voor met groente of slaai. Lewer 4-6 porsies.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Annamarie de J

2012/09/26 05:23:48 PM

Dit lyk heerlik gaan defintief probeer

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights