Deur ARINA DU PLESSIS
13 Augustus 2012

4124 keer gelees | 2 kommentaar

Skaapboud is seker van die grootste bederf en pure boerekos. Probeer dié smullekker resep .


2,5 kg skaapboud
’n Bietjie olyfolie
5 fyngedrukte knoffelhuisies
Seesout en vars gemaalde swartpeper
125ml vrugteblatjang

Voorverhit die oond tot 140 °C. Sny die vel en die vet van die boud af. Smeer die boud goed met olyfolie en knoffel, geur met sout en peper en smeer dan ’n laag vrugteblatjang oor. Sit in ’n oondbak met ’n digpassende deksel (’n groot aluminium braaibak werk goed) en bak vir ongeveer vier tot vyf uur.

Haal uit die oond en giet die meeste van die pansouse af. Maak ’n vleissous daarmee en voeg nog ’n bietjie blatjang by. Bak die boud goudbruin, laat rus vir ’n paar minute, sny en sit voor met die sous. Lewer agt porsies.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


ina

2012/08/14 09:50:25 AM

lyk baie baie lekker, ek soek resepte vir sondae spyskart


Anton

2012/08/16 09:19:04 AM

Vra sommer die slagter om die vel klaar af te sny

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights