Deur ARINA DU PLESSIS
11 Junie 2012

1520 keer gelees | 2 kommentaar

Herfskos op sy beste en ’n bredie wat die volgende dag nóg lekkerder smaak.


15 ml botter
15 ml olie
2 uie, grof gekap
3 knoffelhuisies, gekap
10 ml koljander
10 ml komyn
1,5 kg stoweskaapvleis, in blokkies gesny
250 g sampioene, in kwarte gesny
80 ml druiwe-asyn
3 groot kaneelstokke of stukke kassia
375 ml vleisaftreksel
1 klein botterskorsie, geskil, ontpit en in blokkies gesny
45 ml heuning
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Vars pietersielie, gekap

Verhit die botter en olie in ’n swaarboompot en braai die uie, knoffel, koljander en komyn saam oor matige hitte tot die uie gaar is. Voeg die stowevleis en sampioene by en braai vir ’n paar minute. Voeg die asyn, kaneel en aftreksel by en verhit tot kookpunt terwyl geroer word.

Bedek en prut oor lae hitte vir ongeveer twee uur. Voeg die botterskorsieblokkies en heuning by en prut vir ’n verdere 30 minute of tot die vleis en pampoen sag is. Geur na smaak en sprinkel pietersielie oor. Sit voor op rys, pap of koeskoes. Lewer ses porsies.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


GW RAAD

2012/06/11 11:49:36 AM

Die viskoekie resep van nou die dag was nogal lekker. sal die een ook probeer.


thelma

2012/06/12 05:37:20 AM

Eet maar lekker !!!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights