Deur ARINA DU PLESSIS
31 Augustus 2012

1708 keer gelees | 0 kommentaar

Jy kan dié vinnige ete sonder ’n kors ook maak – dan is dit natuurlik nóg vinniger en makliker. Sit ’n mengel- en koolslaai hierby voor en jy kan ’n hele span mense in ’n japtrap kosgee.


Kors
1 x 200 g pakkie soutbeskuitjies
125 ml gesmelte botter
Vulsel
1 x 230 g gladde maaskaas
3 eiers
30 ml mayonnaise
1 ui, gerasper
500 ml gevlokte, gerookte snoek
(maak seker dat al die grate verwyder is)
250 ml gerasperde cheddarkaas
60 ml gekapte, vars pietersielie
Sout en vars gemaalde swartpeper
2 ml gerookte paprika

Voorverhit die oond tot 180 °C. Pols die koekies in ’n voedselverwerker tot krummels en voeg die gesmelte botter by. Pols tot klam krummels wat aanmekaar vassit en druk die krummels op die boom en teen die kante van ’n middelslag-oondbak vas.

Pols die maaskaas, eiers, mayonnaise, ui, snoek, kaas en pietersielie vinnig saam tot net gemeng en geur na smaak met sout en peper. Skep in die kors en smeer gelyk. Bak vir 30 minute tot ferm en goudbruin. Sprinkel paprika oor en sit voor met slaai. Lewer agt porsies.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights