Deur ARINA DU PLESSIS
2 Augustus 2012

904 keer gelees | 0 kommentaar

Spaghetti in broodkrummels is ’n eg Italiaanse gereg. Hierdie resep is my weergawe.


1 x 500 g spaghetti
Krummels
30 ml botter
45 ml olyfolie
6 ansjovisfilette, fyn gekap
5 knoffelhuisies, grof gekap
1/2 pak ontpitte calamata-olywe, gehalveer
500 ml vars broodkrummels
125 ml gekapte pietersielie
45 ml tiemieblaartjies, gekap
Ekstra olyfolie
Vars suurlemoensap
Gerasperde parmesaankaas

Kook die pasta in ’n groot pot vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, verhit die botter en olie in ’n groot pan en braai die ansjovis en knoffel saam oor lae hitte tot die knoffel sag en gaar is. Voeg die olywe en broodkrummels by en braai tot die krummels bros is.

Verwyder van die hitte en roer die kruie by. Dreineer die pasta en bedruip met olyfolie en vars suurlemoensap. Skep die krummelmengsel bo-op en meng liggies deur. Sprinkel parmesaankaas oor en sit dadelik voor. Lewer 4-6 porsies. 

Wenke en variasies:
Vervang die ansjovis met ’n paar gesnipperde kappertjiesade (‘‘capers’’). • Voeg 1/2 pak gesnipperde, songedroogde tamaties in vinaigrette of ’n handvol grof gekapte pikantrissies (‘’peppadews’’) saam met die olywe by. • In die somer, vervang die tiemie met basielkruid.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights