Deur ARINA DU PLESSIS
17 Julie 2012

6295 keer gelees | 7 kommentaar

As jy ’n helpende hand in die kombuis nodig het, of ’n beginner-kok is, is hierdie resep net vir jou!


375 ml koekmeel
1 ml sout
5 ml bakpoeier
500 ml water (of die helfte hiervan sodawater)
1 ekstragroot eier
7 ml asyn
15 ml olie
Ekstra olie om in te braai
Kaneelsuiker vir bo-oor sprinkel
Suurlemoenwiggies om voor te sit

Gooi die droë bestanddele saam in ’n groot bak en maak ’n holte in die middel. Klits die water, eier, asyn en olie saam in ’n glasbeker of mengbak. Voeg dit geleidelik by die meelmengsel terwyl jydit met ’n houtlepel of klitser roer-klop. Laat die beslag vir minstens 30 minute rus. Smeer ’n pan van 15 cm met ’n bietjie olie, verhit tot goed warm en vee daarna die olie met handdoekpapier uit.

Gebruik ’n soplepel en giet net genoeg beslag in die pan om die boom van die pan net-net te bedek. Kantel die pan heen en weer sodat die beslag die hele boom eweredig bedek. Verhit tot die kante van die pannekoek effe begin oplig en keer dan om met ’n eierspaan. Bak aan die ander kant tot gaar en effe bruin. Keer uit op ’n bord. Sprinkel kaneelsuiker oor, rol op, plaasop’n bord en hou warm oor ’n pot kookwater. Herhaal met die res van die beslag. Lewer 15 pannekoeke.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Ina

2012/07/18 09:50:20 AM

Baie lekker en maklik om te maak


Erica Louw

2012/07/20 10:34:07 AM

Ek gebruik hierdie resep al vir baie jare, dis pannekoek bly sag, dit word glad nie taai nie.


Zelia

2012/07/21 10:41:11 AM

Groot geword met hierdie resep, maar die resep word verdubbel. Dit kan tot 3dae in yskas staan voor gebruik.


andre

2012/09/22 10:48:03 AM

ek verstaan nie die doel van die asyn nie kan julle vir my verduidelik...


Meraldi Hensley

2013/03/20 01:12:05 PM

Dit was vreeslik lekker,en maklik , en om andre se vraag te beantwoord, ek glo die asyn is daar om die pannekoek buigbaar te maak m.a.w as jy hom rol ,dat hy nie breek nie. Baie dankie. Mag God julle almal se dagi mooi seen


venessa van jaarsveld

2013/04/03 04:28:30 PM

Pannekoekresep


Theresa

2013/04/19 02:31:20 PM

Gaan die Pannekoek vandag maak.Lekker koud in Boksburg vandag.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights