Deur ARINA DU PLESSIS
24 Augustus 2012

1004 keer gelees | 0 kommentaar

Dié romerige pastaresep sal jou laat terugkom vir méér!


1 x 500 g pak pasta van jou keuse
1 x 250 g spekvleis, gesnipper
1 x 250 g sampioene, gesnipper
1 x 200 g grasui-en-knoffel-roomkaas
250 ml volroommelk
500 ml rosatamaties
15 ml olie
2 knoffelhuisies, fyngedruk
250 ml gerasperde parmesaankaas

Kook die pasta in ’n groot pot soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, braai die spek in ’n droë pan tot gaar. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Verwyder van die hitte en roer die roomkaas by. Roer tot glad voor die melk bygeroer word.

Dreineer die pasta en meng met die sous. Braai die rosatamaties in ’n pan met ’n bietjie olie en knoffel tot die skille bars en skep die warm tamaties oor die pasta. Sprinkel gerasperde parmesaan oor en sit dadelik voor. Genoeg vir ses tot agt mense.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights