Menu
 

Deur ARINA DU PLESSIS
13 November 2013

3106 keer gelees | 9 kommentaar

Vars gemmer gee aan dié konfyt die heerlikste smaak. Dis nie net lekker op roosterbrood nie, maar gee wonderlike geur aan souse, bredies en kerriegeregte.


■ 1,2 kg ryp tamaties

■ Kookwater

■ Sap van 1 suurlemoen

■ 4 x 250 ml suiker

■ Stuk vars gemmer van 6 cm, geskil en in stukke van 1 cm gesny

■ 2 ml growwe sout

Bedek die tamaties met kookwater en laat staan vir drie minute. Spoel af met koue water en trek die skille af. Kap fyn. Sit die gekapte tamaties en die suiker in ’n swaarboompot en voeg die suurlemoensap by. Roer tot die suiker opgelos is. Voeg die gemmer en sout by en verhit tot kookpunt. Kook vinnig, terwyl gereeld geroer word, tot die konfyt setpunt bereik. Skep in gesteriliseerde flesse en verseël dadelik. Lewer 800 ml konfyt.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Linda Rademeyer

2013/11/13 12:21:35 PM

HMMMM die lekker sous ..en die gemmmer.yummy.


Tessa Smit

2013/11/13 01:07:45 PM

Tamatiekonfyt is my gunsteling en ek moes noodgedwonge leer om my eie te maak. My resep kry ook vars gerasperde gemmer in maar ek sny suurlemoen in fyn skyfies en los hulle in die konfyt wanneer ek bottel, dit lyk mooi en is heerlik! Dankie vir julle resep ek gaan hom beslis in my resepteboek plak.


Vicki Kruger

2013/11/13 04:35:53 PM

Lyk lekker. Dalk daai ou tamaties hiervoor gebruik?


Flippie van der Westhuizen

2013/11/17 08:56:21 AM

Ek gaan dit probeer klink maklik en eenvoudig


Johan

2014/01/03 09:27:45 PM

Hello julle. Dis die eerste keer wat ek tamatie konfyt kook en ek moet se die resep is puik! Lip lek lekker. Dankie.


Moira

2014/02/12 07:08:41 AM

Ek vra raad my konfyt is taai en dik is daar iets wat ek kan doen


Moira

2014/02/12 07:10:29 AM

hou die raad vir julleself


anette

2014/03/08 06:13:14 PM

Moira verdun die konfyt met bietjie water moet net nie weer suiker byvoeg nie en net net kook anders kook die water weer weg.


Anette

2014/03/08 06:37:53 PM

Voeg bietjie water by en kook deur

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 15/04/14 22/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3446c 3452c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1719c 1726c down 0.4
Skaapvleis A2/A3 4709c 4730c down 0.4
Varkvleis (gem. prys) 2132c 2119c down -0.6
Braaikuikens 1721c 1729c down 0.5

Aandele