Deur ARINA DU PLESSIS
26 Junie 2012

1793 keer gelees | 0 kommentaar

As jy hou van ’n dun, bros pizza-basis, sal jy hou van dié idee.


6 groot meel-tortillas
90 ml soetrissiesous
500 ml gaar maalvleis
10 pikantrissies (‘‘peppadews’’), fyn gesnipper
2 brandrissies, fyn gekap (met of sonder pitte)
180 ml gerasperde mozzarella
180 ml gerasperde cheddarkaas
Handvol vars roket of ’n paar skywe ryp avokado

Voorverhit die oond tot 220 °C en smeer ’n paar bakplate met ’n bietjie olie of bespuit met kleefwerende kossproei. Sit ’n tortilla op elke bakplaat en smeer elkeen met 15 ml soetrissiesous.

Verdeel die maalvleis tussen die tortillas en versprei egalig. Sprinkel die pikantrissies en brandrissies oor en laastens die twee soorte kaas. Bak vir 7-10 minute, tot die tortillas bros en die kaas gesmelt is. Haal uit die oond, sit ’n paar roketblare of skywe avokado op en sit dadelik voor. Lewer ses groot porsies.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights