Deur ARINA DU PLESSIS
22 Junie 2012

1406 keer gelees | 0 kommentaar

Toe ek appelresepte begin ontwikkel vir dié artikel, het ek gespeel met die idee om van toffie-appels ’n "grootmenspoeding" te maak en in die proses ’n smullekker, stroperige winterpoeding gemaak.


Appels
6 appels van jou keuse, geskil, ontkern en
in dik ringe gesny
60 ml gouestroop
15 ml gesmelte botter
5 ml vanieljegeursel
Beslag
450 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
250 ml ligbruinsuiker
200 ml louwarm melk
150 g botter, gesmelt
2 eiers
Stroop
125 ml gouestroop
180 ml ligbruinsuiker
180 ml kookwater
Sap van 1 lemoen of suurlemoen

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bak van 30 cm met botter. Kook die appelringe vir ’n paar minute in kookwater tot halfgaar, dreineer en druk droog. Pak die appelringe in die oondbak. Meng die gouestroop, botter en vanieljegeursel en gooi oor die appels. Laat staan eenkant.

Meng die koekmeel, bakpoeier en suiker in ’n mengbak. Klits die melk, botter en eiers saam en voeg by die droë bestanddele. Klits tot ’n dik, gladde beslag. Giet oor die appels in die bak. Roer die bestanddele vir die stroop saam tot die suiker opgelos is en giet oor die poedingbeslag. Bak vir 35 minute tot diep goudbruin en die karamelsous teen die kante borrel. Sit voor met roomys, vla of room. Lewer 12 porsies.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights