Varkvleissosaties

Deur Arina du Plessis
12 September 2017
Die geure van paprika en komyn pas goed by varkvleis.

Ek het net varkvleis en spek op die stokkies geryg, maar as jy verkies om groente by te sit, sal blokkies rooi soetrissie goed werk.

■ 10 ml paprika
■ 10 ml geroosterde, fyn komyn
■ Sap van 1 groot suurlemoen
■ 30 ml tamatiepuree
■ 45 ml olyfolie
■ 1 kg varkfilet, in blokkies gesny
■ 1 pak repiespek (met lekker baie vet), in repies gesny
■ Sout en vars gemaalde swartpeper

Meng die paprika, komyn, suurlemoensap, tamatiepuree en olyfolie saam en giet dit oor die varkvleis, in ’n nie-metaalbak. Meng die vleis en spesery goed. Bedek en laat marineer in die yskas vir 1-3 uur.

Ryg die varkvleisblokkies en stukkies spekvleis op sosatiestokkies. Geur met sout en swartpeper en braai die sosaties oor matige hitte tot gaar na smaak.

Sit voor met aartappelslaai en braaibroodjies. Lewer 6 porsies.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels

  • Teeskons met vrugte

    Hierdie klein skons het al die geure van Kersfeesgebak. Sit dit voor met botter […]

  • Okkerneut-en-heuning-skonwiel

    ’n Louwarm botterbroodjie met saggeklopte room en aarbeikonfyt is ’n immerge[…]

  • Volgraan-driekaas-panskons

    Propvol geur en vesel. Hier hoef jy nie eens skons uit te druk nie; jy bak eenvo[…]