20 Julie 2012

2801 keer gelees | 0 kommentaar

Dié lekker resep kom uit Huisgenoot se nuutste Wenresepte-boek.


3 middelslag-aartappels, geskil en in klein blokkies gesny
1 blik (400 g) salm en 1 blik (185g) tuna, gedreineer
Sout en vars gemaalde swartpeper
60 ml gekapte koljander
2 eiers, liggies geklits
30 ml suurlemoensap
Olie
Suurlemoenwiggies en tamatiesous om mee voor te sit

Kook die aartappelblokkies in soutwater tot sag. Dreineer goed. Druk die vis fyn en meng dit goed met die aartappels in ’n mengbak. Geur met sout en peper na smaak. Voeg die koljander en eiers by, geur met suurlemoensap en meng deur. Vorm sowat 16 groterige viskoekies met die palm van jou hand, of gebruik ’n koekiedrukker en plaas op ’n skinkbord.

Verkoel vir sowat 15 minute om hulle ferm te maak sodat dit nie breek tydens gaarmaak nie. Giet heelwat olie in ’n verhitte pan en braai die viskoekies, ’n paar op ’n slag, tot bruin aan die onderkante. Draai dit met ’n eierspaan om en braai ook aan die ander kant tot goudbruin. Sit voor met suurlemoenwiggies en tamatiesous. Lewer 16 viskoekies.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights