21 Augustus 2012

1805 keer gelees | 0 kommentaar

Boerwindhondtelers kan vanjaar weer naderstaan vir die wêreldkampioenskapskou op die Boertjiefees.


Die derde wêreldkam­pioenskapskou vir Boerwindhonde vind vanjaar op Saterdag 1 September op Bultfontein plaas en honderde inskrywings is al van oor die hele land ontvang.

Die Boerwindhondvereniging is op 12 Mei 2007 gestig om rasstandaarde vir die Suid-Afrikaanse Boerwindhond daar te stel. Daarna is keuring gehou om honde wat aan die rasstandaarde voldoen, te re­gis­treer en só die ras te verbeter en net die beste honde te teel.

Die fees op Bultfontein bied die ideale geleentheid vir Boerwindhondtelers en ander geesdriftiges om na die beste teelmateriaal te kyk. Die Suid-Afrikaanse Boerwindhond is ’n uiters veelsydige ras wat vir verskeie take gebruik word.

Benewens die renne waaraan die honde deelneem, is die windhond uiters geskik vir take, soos die bestryding van probleemdiere, maar dit kan ook as troeteldier en as wag- en skouhond ingespan word.

Baie goeie gesinshond
Een van die hond se beste eien­skappe is sy temperament. Hy word as een van die beste gesinshonde beskou. Die honde is ’n gewilde keuse onder boere omdat hulle liefdevol, gehoorsaam en intelligent is. Daarby is hulle skoon en betroubaar.

Op die Boertjiefees gaan die honde beoordeel word. Dan gaan daar die middag om 17:00 ’n parade en prysuitdeling wees waar die grootkampioen aangewys word. Daar is afdelings vir gladdehaar- en steekhaar-windhonde.

Beoordelaars let onder meer op die vorm van die hond se kop, smal ore met ’n fyn tekstuur, donker oë wat helder en intelligent is, ’n lang, gespierde nek, skouers so skuins moontlik, reguit voorbene wat mooi uit die skouers kom, ’n diep bors met ’n krom rug, ’n lang kruis met gespierde agterkwart, en mooi opgetrekte voete met ’n lang, fyn stert.

’n Hond moet minstens 70% met keuring kry om in aanmerking te kom vir registrasie as rasegte Boerwindhond. 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights