Menu
 

Deur ISABEL STOLTZ
22 Januarie 2013

7915 keer gelees | 10 kommentaar

Honde is nie net die mens se beste vriend nie, maar op plase moet hulle ook as werkers hul skoene volstaan – en nie net as afskrikmiddel nie.


Wat is jou gunsteling plaashond? Na watter eienskappe kyk jy as jy 'n hond vir jou erf of plaas kies? Skryf vir ons na cornelia.vdmerwe@landbou.com of lewer onder aan die storie kommentaar. Ons gee 'n paar idees van goeie honde vir 'n plaas.

Anatoliese Herdershond

Kenners beskou die Anatoliese herdershond as die beste “bokhond”, oftewel honde wat
as kleintjies aan ’n ooi grootgemaak word en dan saam met die trop leef. Die bokhonde verdedig die trop teen roofdiere. Die Anatoliese herdershond is die beste omdat hulle groot, sterk en vreesloos is. Die honde sal uit die trop storm en roofdiere aanval.


Foto: LOUW PRETORIUS

Skaaphond
Werkende skaaphonde kan maklik die werk van drie of vier werkers doen. Skape en sybokke reageer baie goed wanneer hulle deur skaaphonde bymekaargemaak word. Die vee is rustiger as wanneer hulle deur mense aangejaag word – wat ook kan lei tot beter lampersentasies.


Foto: JOHAN COETSEE

Kelpie
Die Kelpie is ideaal vir plase waar met groot veetroppe gewerk word. Hulle is uitstekende werkshonde, gehard en kom met verskillende hanteerders oor die weg. Kelpies is veral in Australië gewild, want een hond kan met gemak 500 skape hanteer. Hierdie hond is nuttig wanneer vee in beperkte ruimtes, soos by drukgange, ingejaag moet word.



Foto: THEUNS BOTHA

Australiese  beeshond
Dié intelligente honde het ’n tikkie Dingo-bloed in hul are. Hulle is redelik hardhandig, maar staatmakers wanneer dit by die hantering van grootvee kom. Die hond is bekend daarvoor dat hy eintlik net bevele van een persoon aanvaar.



Foto: THEUNS BOTHA

“Trufflerhond”
In Europa word die Lagotto-honderas gebruik om truffels uit te snuffel, maar ’n plaaslike produsent, mnr. Volker Miros, wou ’n eie, aangepaste hond vir dié doel te teel. Hy en mnr. Trevor Norris het op ’n kombinasie van die Jack Russell en die Beagle besluit. Die Jack Russell se energie, langer bene en beweeglikheid word gekombineer met die Beagle se puik reuksintuig en goeie jagvernuf. Honde word geleer om net truffels uit te snuffel, maar grawe dit nie uit nie.



Foto: JOHN coetsee

Boerwindhond
Boerwindhonde is oorspronklik uit verskillende rasse vir die jag van skadelike diere in die harde, warm Suid-Afrikaanse terrein en klimaat geteel. Die honde is oor die jare geselekteer vir spoed, uithouvermoë, intelligensie en vegvermoë teen probleemdiere. Hul spoed maak hulle uiters geskik om roofdiere, soos jakkalse, in te hardloop.



Foto: LEANA ERASMUS

Cardigan Corgi
Die honde het ’n byna instinktiewe aanvoeling om met diere te werk. Hulle is meer geskik vir werk met beeste as met skape, aangesien hulle geneig is om diere aan die hakskene te byt en sukkel om skape oor groot gebiede in te hardloop. Hul kort bene help hulle om uit die pad te bly as ’n bees na hulle skop.



Foto: JOHANN THERON


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Elardus Engelbrecht

2013/01/23 08:44:10 AM

Waarom is Duitse Herdershonde, Boerboele en Rifrug ook nie gelys nie? Hulle is ook goeie honde vir beveiliging, maar nie juis geskik vir regte egte plaaswerk nie soos die interesante lot bo. Wonder of daar ander regte egte hardwerkende honderasse is.


Johan Botha

2013/01/24 10:44:21 AM

Die genoemde honde het seker egte kwaliteite maar ek stem saam met Elardus, waar is die German Shepherds???


sekelbos

2013/01/24 12:47:25 PM

Boerboele saam met keffers is n gedugte span. Op n wildsplaas het ek gevind terriers kan geneigd wees om self sommer te gaan jag en dis moeilikheid soek om met sulke honde te gaan stap in die veld,gou gou is hulle agter wild aan! Boerboele bly om jou en pas jou op,kyk na die wild maar jaag hulle glad nie. Jy moet egter altyd jou honde baaaie aandag gee,dan word besitlik en pas jou soos goud op.


Henry Holsthyzen

2013/01/24 01:02:48 PM

Al die honde hierbo is meer geskik vir plaas werk as persoonlike beskerming. Die GSD, Rottweiler, Boerboel, Boxer, Malinois ens..... is honde wat meer bekend is vir hulle beskermings vermoee as plaaswerk! Hoewel al die herders in die ou dae albei pligte met groot suksess verrig het. Die tiepe hond wat gekies word moet bepaal word deur die behoefte wat vervul moet word, en nie andersom nie! Ek is bly daar word uiteindelik die waarde van n goeie hond besef! Ek vertrou meer op my hond as die polisie, GPF en buurtwag saam!


mkruger

2013/01/25 08:48:58 AM

Ek het een van die windhonde gekry by 'n swarte waarmee hulle jag. 'n Beter en meer rustige hond tussen die beeste en skape kon jy nie kry nie. In die week het hy by die werker op die plaas gebly en naweke dan "boek" hy in by my vrou en dan moet die werker net keer of hy word opgevreet. My hond is natuurlik my worshond. Sy is die enigste rede dat ek nog leef want sy slaap tussen my en my kwaai vrou en is baie gestel daarop om haar baas te beskerm...... Iemand moet haar nog net laat aanvaar dat haar bene eintlik te kort is om jaghond te speel.


Maans

2013/01/25 01:08:02 PM

Duitse Korthaar Pointer is sekerlik die beste hond om te hê as daar baie slange in jou omgewing is. Hierdie honde waarsku jou deur te blaf wanneer hulle op `n slang afkom, maar sal nie die slang aanval nie.


Elizabeth

2013/01/26 02:53:08 PM

Maans: Ons het 'n Duitse Pointer gehad en hy was g'n niks bang vir 'n slang (hier is baie pofadders en rinkhalse) en het paar pofadders doodgemaak asook 'n rinkhals. Eenkeer in die oog gespoeg deur 'n rinkhals, maar ek het dit blitsig 'n paar maal met skoon water uitgespoel. Ons was seker hy sou blind word - die oog het 'n paar dae 'n snaakse kleur gehad en nie goed gelyk maar wat, hy het reggekom. Sy enigste vyand was op die ou einde swartes wat hom met 2-step vergiftig het. Ons is mal oor boerboele maar ongelukkig, a.g.v. intelery weet mens nie altyd wat jy kry (selfs al is dit kastig stamboek) en kan hul baie geneig wees om kinders aan te val en selfs eienaars. Nou bly ek by my (on-)opregte pavement specials - die lelikste honde wat niemand wil hê die vat ons en dis die beste honde ooit. Word nie siek nie, bang g'n niks en sal letterlik ons tot die dood toe beskerm.


tessa

2013/01/31 08:07:27 AM

Ek self is deur 'n boerboel aangeval terwyl ek gaan draf het in 'n besige straat Die hond het doodeenvoudig uit sy erf uit aangehardloop gekom en my bespring. Baie mense sê vir my dit is snaaks dat hy dit gedoen het want Boerboele doen dit nie so nie. Weens inteling kan dit dalk die rede wees? Die hond is van kant gemaak....


marelise

2013/08/12 06:32:04 PM

my gunsteling diere op die plaas is naturlik: 1 n perd 2 n skaaphond 3 n kalfie Ek het self perde wat se name Ires,Joey,Puzzle,Sevanna ia en ek is baie lief vir hulle. Ek het 3 honde wat se name is: Snippie[yoksherterier],Rosha[skaaphond],Rex [skaaphond] die honde het ek wel elke dag by my maar die perde nie. Ek leer op sparta ry met Ires en ek is baie lief vir haar en Joey is naby my in die dorp en ek kyk na hom al2 is nie my perde nie maar ek is baie baie baie baie lief vir elkeen hulle die 3 woefies ook en ek gaan natuurlik ni my katjie Gatoe laat vergeet nie ek wil net die se oordat ek baie lief vir al my diere is en dat mense nie hulle diere moet mishandel nie hulle is jou ware friende!!!!!!! wees lief vir jou dier en gee vir hom om!!!!!


George

2013/08/14 09:20:23 PM

Het Tessa nie dalk soos iemand gelyk wat die arme hond voorheen geterg het nie.Of dalk iets onwetends gedoen wat die terger gedoen het nie?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.