Deur JOHAN COETSEE
17 Oktober 2012

4596 keer gelees | 6 kommentaar

Truffelboere maak staat op 'n hond met 'n fyn neus om sukses te behaal. Trevor Norris teel nou die ideale hond as 'oesmasjien'.


Sonder ’n hond met ’n fyn neus – ’n “oesmasjien” – kan ’n truffelprodusent vergeet van ’n noemenswaardige truffeloes.

Só sê mnr. Trevor Norris, wat op mnr. Volker Miros se plaas besig is om ’n unieke honderas spesifiek vir dié doel te teel. In Europa word die Lagotte-honderas gebruik, maar hulle is onbekend in Suid-Afrika. Dit het die keuse gelaat: Voer Lagottes in, of teel ’n eie, aangepaste hond om die truffels uit te snuffel.

Norris is sy hele lewe besig met diere en teling, en het talle diere opgelei om in TV-advertensies en rolprente te verskyn. Dit is waar sy paaie met dié van mnr. Volker Miros gekruis het. Miros was lank betrokke by die maak van TV-advertensies.

Norris het Italië besoek om te kyk hoe die Italianers hul snuffelhonde oplei. Die metodes is sterk gebaseer op dissipline én liefde. Na oorweging is op ’n kombinasie van die Jack Russell en die Beagle besluit.

Perfekte kombinasie
Die Jack Russell se energie, langer bene en beweeglikheid word gekombineer met die Beagle se uitstekende reuksintuig en goeie jagvernuf.

Aanvanklike kruisteelwerk is deur ’n professionele hondeteler gedoen, en die eerste paar honde toon die eienskappe wat gesoek word. Die twee honde – ’n reun en teef, genaamd Clyde en Bonny – was bykans nege maande oud toe Landbouweekblad daar was, en albei sal binne ’n jaar puik snuffelhonde wees, meen Norris.

Dit is selfs moontlik dat hulle as ’n aparte honderas geregistreer kan word. Mev. Angela Miros, Miros se vrou, het reeds ’n naam in gedagte: Trufflerhonde.

Nadat hulle basiese gehoorsaamheidsopleiding ondergaan en ’n hegte band met die opleier gesmee het, word hulle geleer om goed te soek. As hulle dit vind, word hulle beloon met ’n lekkerny.

Op sowat 12 maande word opleiding uitgebrei deur ’n tennisbal met truffelolie te smeer en te versteek. So raak hulle gewoond aan die kenmerkende truffelreuk.Binne 18 maande kan hulle die ware Jakob uitsnuffel.

Honde word geleer om net truffels uit te snuffel, maar grawe dit nie uit nie.

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


eks naam ;o)

2012/10/19 11:28:03 AM

Kan iemand my asb sê wat is 'n truffler boer?


John Russel

2012/10/23 07:10:51 PM

Onder die hoof, Perfekte kombinasie: "Die Jack Russel se energie, langer bene ..." Enige hond met korter bene as 'n jack russel sal omtrent op sy pens moet seil.


Herman

2012/10/24 03:18:02 PM

Ek weet ook nie wat is 'n truffler boer nie ! Kan iemand ons help asb ?


Frank Kratz

2012/10/24 04:50:00 PM

Asof die Jack Russel nie genoeg kwaad doen met sy kort bene nie, nou sal hy met die langer Beagle-bene/neus nog meer stoutighede uitsnuffel.


Elardus Engelbrecht

2012/10/25 01:41:16 PM

Truffel is 'n soort swam/sampioen wat 'n paar sentimeters naby bome ondergronds groei. Glo baie lekker en afkomstig van Europa. Truffels gee 'n reuk wat opgeleide varke en honde kan ruik. Loer en ruik in http://en.wikipedia.org/wiki/Truffel


Rentia

2012/10/25 02:18:58 PM

Dankie Elardus, *giggel* ek het nou gesit en wonder as hulle die hondjies so oorkruis teel, of die tegnologie dan nou al so goed is dat hulle nou al tot "krismis truffel poedings" kan aanplant *tong in die kies*

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights