Deur CORLI VAN DER MERWE
13 Julie 2012

3655 keer gelees | 1 kommentaar

Honde en katte is dalk die gewildste troeteldiere maar daar is talle ander diere wat as onwaarskynlike troeteldiere aangehou word.


Hier is meer inligting oor ’n paar van dié koddige troeteldiere:

Stokinsekte
Stokinsekte is ideaal vir veral kinders in klaskamers, wat deur die jaar as klasprojek na een kan kyk. Hulle word deesdae egter ook as troeteldiere in die huis gehou. Hulle kan vir ’n paar jaar leef en word tussen 7cm en 10cm lank. Dié insekte moet in hokkies gehou word wat ten minste dubbeld die hoogte van die insek self is. Hulle sal blaarslaai vreet en hou daarvan om ander stokinsekte as geselskap te hê. Hul ledemate breek uiteraard maklik, so hulle moet baie versigtig gehanteer word.

Die Kapibara
Dié dier is familie van die marmot en kom inheems in Suid-Amerika voor. Dit is ook die grootste knaagdier ter wêreld. ’n Volgroeide capybara kan sowat 1,2m lank word en weeg meestal meer as 45kg. Hulle word nooit ten volle mak nie en moet daarom as jong diere gereeld gehanteer word om aan mense gewoond te raak. Hulle het heelwat ruimte nodig om te beweeg en ’n plek om te swem. Hulle vreet gras en moet altyd toegang tot vars water hê. Hulle het groot tande wat seer kan byt en is nie baie verdraagsaam teenoor kinders wat hulle moontlik rof kan hanteernie.

Miniatuur-donkies
Miniatuur-donkies is nie net oulik nie, maar ook gewilde troeteldiere. Hulle is liefdevol en goed met kinders, wat hulle die ideale troeteldier vir gesinne maak. Hulle is egter nie so klein as wat jy dink nie – hulle kan ongeveer 1,5m hoog word en tot 158kg weeg. Hulle hou van hooi en het toegang tot vars water nodig. Hulle hou ook nie daarvan om alleen te bly nie, dus is net een donkie nie ‘’n goeie idee nie. Maak seker dat jy finanisieel sterk genoeg is om na jou miniatuur-donkie te kyk – dit kan ’n duur spulletjie raak.
 
Krimpvarkies
Krimpvarkies word soms gesien as klein ystervarke maar die twee spesies is nie verwant aan mekaar nie. Hul grootte wissel, maar dié diertjies word slegs ’n paar sentimeter lank en weeg minder as ’n kilogram. Hulle verg nie baie onderhoud nie en vreet graag insekte. Hulle moet ook dikwels gehanteer word wanneer hulle nog jonk is sodat hulle by mense kan aanpas. Hulle gewig moet fyn dopgehou word. Hou ook in gedagte dat jy ’n veearts moet hê wat die diertjie sal kan behandel. Hulle slaap meestal deur die dag en speel in die nag, iets wat jy in gedagte sal moet hou.
 
Muishond
Muishonde is sedert die begin van die 20ste eeu as troeteldiere aangehou en raak ál gewilder. Mak muishonde se reukkliere kan verwyder word wanneer hulle vier weke oud is. Hulle is baie sensitiewe en intelligente diere met ’n nuuskierige streep. Hulle moet jaarlikse inentings ontvang en gesteriliseer word. Maak seker dat jy bereid is om die muishond vir die duur van sy lewe aan te hou, aangesien hulle nie weer vrygelaat kan word nadat hul reukkliere verwyder is nie.
 
*Neem kennis: Met enige vreemde troeteldier is dit altyd nodig om behoorlike navorsing te doen oor watter voorwaardes nagekom moet word om hulle aan te hou. Soms is permitte nodig, ander kere is dit bloot onwettig om die diere aan te hou. Maak seker dat jy aan alle reëls en regulasies in hierdie verband voldoen.
 
Bron: www.animal.discovery.com


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Louise van Biljon

2013/04/08 04:10:00 PM

Hi. Ek stel belang om by die beskerming van krimpvarkies en reabilitasie betrokke te raak. Met wie kan ek in kontak kom? Ek woon op 'n plot buite Pretoria. Groete Louise: 082 888 1248

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights