|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die stof wil steeds nie by die hoofkantoor van die Landbounavorsingsraad (LNR) gaan lê nie. Nadat daar die afgelope tyd vrae was oor die afwesigheid van dr. Nthoana Tau-Mzamane, uitvoerende hoof wat van die begin Oktober nie by die werk was nie, het 'n raadslid bevestig dat die amptenaar wat in haar plek waargeneem het, mnr. Lazarus Gopane, se diens tydelik opgeskort is.
Gopane se opskorting volg op 'n ondersoek na beweerde ongerymdhede wat deur die raad se ouditkomitee geïnisieer is.
Prof. Frans Swanepoel, lid van die LNR se raad, sê die tydelike opskorting beteken nie dat Gopane, wat ook die finansiële hoof van die LNR is, in die ongerymdhede geïmpliseer word nie.
Adv. Ben Stoop van Pretoria het op 19 November aan die raad terugvoering gegee oor 'n voorlopige ondersoek na 'n aantal aspekte, waaronder die aanstelling van personeel en konsultante. Die ondersoek is volgens Swanepoel deur die voorsitter van die raad goedgekeur. Stoop wou niks oor die aangeleentheid sê nie.
Die voorsitter van die raad, mnr. Thero Setiloane, sê hy is nie in 'n posisie om kommentaar te lewer nie, en het Landbouweekblad na Tau-Mzamane verwys. Tau-Mzamane was van 23 November terug op kantoor, maar was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
3 Desember 2004
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24