Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Lnr-se-baas-vort

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 04:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

LNR se baas vort

 
AINSLEY MOOS

Die landbou se belangrikste navorsingsorganisasie is sy kontroversiële hoof kwyt.

Dr. Nthoana Tau-Mzamane, uitvoerende hoof en voorsitter van die Landbounavorsingsraad (LNR), se kontrak het einde Mei verstryk. Sy was sedert 2001 in dié pos.Die organisasie is nou op soek na 'n nuwe uitvoerende hoof. Die LNR se raad maak aanbevelings, maar slegs die Minister van Landbou en Grondsake kan die aanstelling maak.

Mnr. Thero Setiloane, die LNR-raad se voorsitter, wou nie aan Landbouweekblad bevestig of Tau-Mzamane vir nóg 'n termyn genader is nie en of sy nie weer vir die pos oorweeg is nie. Hy het wel gesê die pos is geadverteer en dit het Tau-Mzamane vry gestaan om aansoek te doen.

Volgens hom was Tau-Mzamane se grootste bydrae "finansiële stabilisering" toe sy oorgeneem het. "Die organisasie was tegnies insolvent toe sy oorgeneem het. Sy het beslis verskeie dinge vermag, maar haar grootste bydrae was om die LNR weer op koers te kry. Voorheen was daar feitlik geen beheer nie en mense het links en regs geld bestee. Sy het ook heelwat gedoen om korporatiewe beheer te versterk," het Setiloane gesê.

Landbouweekblad het die laaste paar jaar wyd berig oor growwe bewerings van swak korporatiewe beheer by dié instelling. Dié bewerings was gegrond op ondersoeke na bestuursaspekte wat, volgens verslae, ernstig te kort geskiet het. Só is 'n konsultant, Morailane Morailane, aangestel sonder enige werksbeskrywing. Hy is ruim vergoed en het ook 'n salarisverhoging geniet wat vir permanente personeel bedoel was. Hoewel 'n verslag dié ongerymdheid uitgewys het, is Morailane later aangestel in Tau-Mzamane se kantoor as uitvoerende assistent.

Een van die laaste sake waarvoor Tau-Mzamane in die nuus was, was toe sy haar raad by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verkla omdat sy na bewering ontevrede was oor 'n salarisverhoging van sowat 30 %. Die KVBA het nie op die saak gereageer nie en haar aanbeveel om dit na die Arbeidshof te neem.

Setiloane sê 'n nuwe uitvoerende hoof sal "in die volgende paar maande" aangekondig word. Hy sê hy sal die proses oorsien waarna hy self as voorsitter, ná ses jaar op die raad, sal uittree.

16 Junie 2006

0
 
 
  • 1645 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Nuwe kalender saamgestel
  • VSA-skatting stu mielieprys
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction