|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Navorsers aan die Universiteit van Pretoria spook om 'n oplossing te vind vir lui indringer Kaapse bye wat teer op die vlytigheid van Gauteng se Savanna heuningby en dié bye uit hul omgewing verdryf.
Volgens dr. Vincent Dietemann van die departement dierkunde en entomologie produseer die plaaslike Savanna heuningby een koninginby wat vir die voortbestaan van die by-kolonie verantwoordelik is.
Die Kaapse heuningby kan egter pseudo-koninginne produseer. Wanneer dié bye hulself buite hul natuurlike habitat bevind, dring hulle ander by-kolonies binne en lewer hulle pseudo-koninginne op. Binne 'n paar weke sterf die inheemse koninginby en daarmee saam die hoop vir die toekoms van die kolonie.
Die indringer bye is ietwat selfvernietigend en lui. Hulle teer op die voorraad van die gasheer. Dié bye sterf stadig uit en sonder dat hul getalle aangevul word deur hul koningin, raak die voedselvoorraad uitgeput en die parasiete gaan dood of val ander kolonies binne.
Tot sowat 12 miljoen indringer-bye kan ter sprake wees. Dié bye is in 1990 deur 'n byeboer na die Pretoria-omgewing gebring.
Dietemann beoog om met sy navorsing byeboere te help om hul kolonies veilig te bestuur en uit 'n natuurbewaringsoogpunt die Gautengse bye-kolonies in hul natuurlike habitat te beskerm.
10 Februarie 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24