|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Me. Lulu Xingwana, Minister
van Landbou en
Grondsake, en mnr. Dirk du
Toit, Adjunkminister, se dae
in hul departemente is getel,
het prof. Dirk Kotzé van
Unisa se departement politieke
wetenskappe op die
Landboubesigheidskamer
(LBK) se kongres in Johannesburg
gesê.
Volgens hom gaan 'n
nuwe landbouminister binnekort
verkies word omdat
nóg Xingwana nóg Du Toit
tot die ANC se nasionale uitvoerende
komitee verkies is.
Hy het voorspel boere kan
hulself gereed maak vir 'n
nuwe direkteur-generaal
van Landbou. Me. Njabulo
Nduli, voorheen die adjunk,
is intussen aangewys
as die nuwe DG.
Kotzé sê as die Regering
die aantal provinsies verminder,
sal dit ook 'n reuseverandering
vir skakeling
tussen die nasionale en
provinsiale departemente
van landbou inhou. "Hierdie
verandering sal waarskynlik
tot beter samewerking
lei."
Landbouweekblad, 6 Junie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24