|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
'n Terloopse opmerking deur me. Lulu Xingwana, Minister van Landbou en Grondsake, dat sy nie sal omgee as die waarde van Suid-Afrikaanse landbougrond skerp daal nie omdat dit makliker toegang tot grond vir voorheen benadeeldes sal beteken, het haar in die sop laat beland.
Mnr. Maans Nel, DA-woordvoerder oor Grondsake, sê Suid-Afrika is in 'n fase van politieke en ekonomiese onstabiliteit. Die land kan dit nie bekostig dat 'n reeds wankelrige situasie vererger word deur onverantwoordelike opmerkings wat vrese oor toekomstige beskerming van eiendomsreg laat ontstaan nie.
Hy sê sy party het deurentyd gewaarsku dat die volhoubaarheid van grondhervorming 'n yslike probleem is en as dit nie opgelos word nie, sal dit op lang termyn op politieke onbestendigheid uitloop. In plaas daarvan om te maak of hy die hulpelose slagoffer is, moet die Regering onder meer die vermoëprobleme by die Departement van Grondsake oplos en ophou ignoreer dat 4 % van landbougrond in private besit jaarliks in die mark kom en 'n aktiewe deelnemer in die mark word.
Xingwana se opmerking is later as 'n grappie afgemaak.
Landbouweekblad, 29 Februarie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24