|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
'n Interessante projek in een van Suid-Afrika se voorste mieliestreke verklaar waarom sommige boere in 'n spesifieke distrik meer geld as ander maak.
In feitlik alle boerderygebiede in Suid-Afrika en met feitlik elke boerderyvertakking is daar enkele boere wat uitstekend vaar en goeie wins maak, terwyl ander boere in dieselfde toestande sukkel om die mas op te kom.
Wat doen die suksesvolle boere reg, of wat doen die ander verkeerd? Dievraag spook ál jare by die landbou-ekonoom Pieter van Zyl, wat deesdae by Senwes op Klerksdorp betrokke is. Voorheen was dit wol en ander produkte, nou is dit mielies. Hy het 35 boere uit sewe studiegroepe by Bothaville wat betrokke is by 'n ondersoek om 'n antwoord op dievraag te probeer kry.
Elke medewerker moet 'n produksiejaar wat in Augustus eindig, se gegewens beskikbaar stel. Alle boerdery-inkomste en -uitgawes, die oppervlakte bewerk en die opbrengs behaal, word ingesamel, ontleed en vertolk. Die vernaamste oogmerk is om daardie boere te identifiseer wat telkens goeie resultate behaal. Die vraag is nie wie hulle is nie, maar wat hulle anders doen en wat die minder suksesvolle boere by hulle kan leer.
Die voordeel vir die boere wat deelneem, is dat elkeen se onderneming naamloos in die fynste besonderhede met die ander vergelyk word.
Elke deelnemer kan dan self sien hoe sy prestasie teen die ander opweeg. Omdat vertroulike inligting verskaf word, is die deelnemers wat in dieartikel bespreek word, ook naamloos.
Die grootste kenmerk van die ondersoek is die groot wisseling wat voorkom in verskeie aspekte van die ondernemings. Dit is duidelik dat opbrengs per hektaar die faktor is wat baie swaar weeg mits die koste om daar uit te kom, in bedwang gehou kan word.
In die tabel hieronder word die produksiekoste van boer A (medewerker 22) en boer B (medewerker 23) uiteengesit sowel as die gemiddelde produksiekoste van die hele groep. Daar het groot verskille tussen die verskillende deelnemers voorgekom. Die deelnemer wat die meeste aan kunsmis bestee het, het R621/ha meer daarvoor betaal as die een wat die minste daaraan bestee het.
Die syfers wys ook dat boer A se wins per ton R522 was, en sy wins per hektaar R2 724,60. Boer B se wins per ton was net R429, maar sy wins per hektaar was R3 067,60. Die gemiddelde wins per ton van ál die deelnemers was R309 en die wins per hektaar R1 184,60. (Vir die berekening van die wins is geen skuld en private rekenings in ag geneem nie.)
Boer A se gelykspeelprys op Safex vir hierdie seisoen is R759 oftewel 0,731 ton mielies en dievan boer B is R693 of 0,699 ton mielies.
Hierteenoor is die deelnemer met die hoogste gelykspeelprys vir mielies R1 199 per ton en sy produksiekoste is R3 411 per hektaar. Die 35 deelnemers se gemiddelde produksiekoste is R2 566 per hektaar. Om die gelykspeelprys op Safex te bereken, is skuld- en rentebetalings sowel as private onttrekkings óók in ag geneem. Boere se gelykspeelprys per ton word verkry deur hul totale koste per hektaar te deel deur hul gemiddelde opbrengs vir mielies op lang termyn. Eenvoudigheidshalwe is aanvaar boere het vastepryskontrakte op Safex aangegaan.
"Ons moet uitvind wat doen die naamlose wennerboere reg en wat doen hulle nie sodat ons die ander boere kan aanmoedig om dievoorbeeld te volg.
" Dieprobleem is nie net op mielieboere van toepassing nie. In alle streke en alle bedryfstakke kom dieselfde neiging voor. My strewe is om dit te probeer regstel, " sê hy.
12 Maart 2004


Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24