Afgri wil Oos-Afrika verken

 
Malawi, Oos-Afrika. Foto: www.travelpod.com
Malawi, Oos-Afrika. Foto: www.travelpod.com

Afgri se netto inkomste het met 43% gestyg vir die jaar tot die einde van Junie en dié landbou-onderneming oorweeg moontlikhede om sy sakebelange na Oos-Afrika uit te brei.

Luidens ‘n berig op Fin24.com het Afgri se netto inkomste op R690 miljoen te staan gekom.

Die groep se verdienste per aandeel vir die ooreenstemmende tydperk het met 6% gestyg, en die groep het ‘n 14% styging in die uitbetaling van dividende verklaar.

Die onderneming fokus daarop om braaihoenderproduksie uit te brei vir beter mededingendheid.

Fokus op voedselbedryf
Mnr. Chris Venter, hoof uitvoerende beampte, sê: “Ons hooffokus bly op die voedselbedryf. Ons het geleenthede vir groei binne die organiese bedryf uitgeken wat ons verder wil neem.”

Afgri se produksie van hoenders vir verskeie grootmaatsegmente is deur beperkte kapasiteit ingeperk, maar die nuwe uitbreidings sal die groep in staat stel om tot een miljoen kuikens per dag te produseer.

Volgens Venter wil die groep meer Afrikalande by sy portefeulje voeg in die komende geldjaar. Die onderneming het reeds sakebelange in Zambië, Botswana, Mosambiek en Swaziland, maar meen egter gulde geleenthede vir uitbreiding bestaan in lande in Oos-Afrika soos Kenia, Malawi en Tanzanië.

2 September 2010
 

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.