|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Hoewel landbou-ondernemings
se sakevertroue steeds
daal, is 'n draaipunt dalk in
sig.
Me. Lindie Stroebel, bestuurder
van ekonomiese inligting
by die Landboubesigheidskamer
(LBK), sê as die
internasionale ekonomiese
toestand vinnig verbeter, kan
dalende sakevertroue binnekort
gunstiger wees.
"In die algemeen is besluitnemers
in die landbou nie té
pessimisties oor die sektor se
prestasie nie, gegewe die feit
dat boere die afgelope twee
jaar lank goeie pryse gekry het
en besonder hoë opbrengste
gehad het," het Stroebel gesê.
"Die siening in die landbou
in die tweede kwartaal verlede
jaar was optimisties, terwyl
dié van ander bedrywe pessimisties
was."
Stroebel sê 'n ligpunt in die
mees onlangse syfer is dat sakevertroue
met slegs 2,9% sedert
die eerste kwartaal vanjaar
gedaal het. In dieselfde
vergelykbare tydperk verlede
jaar het vertroue met 30% gedaal.
Stroebel sê landbou-ondernemings
verwag dat hul omset
jaarliks sal verminder. Verlede
jaar se tweede kwartaal
het rekordoeste met uitstekende
produsentepryse opgelewer.
9 Junie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24