|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Astral Foods Bpk wil sy bedrywighede in KwaZulu-Natal uitbrei met die aankoop van die Mountain Valley-abattoir. Luidens ’n verklaring slag en verwerk die aanleg tans 140 000 hoenders per week. ’n Ooreenkoms is bereik om die slagplaas vir R90 miljoen te koop.
Die transaksie moet egter nog deur die Mededingingskommissie goedgekeur word. Dit is ook onderhewig aan sekere bepalings soos in die koopooreenkoms aangedui.
Mnr. Daan Ferreira, die hoof finansiële beampte van Astral, sê:“ Dié transaksie word gesien as ’n strategiese belegging. Geen onmiddellike finansiële uitwerking word in die onmiddellike toekoms op Astral se winsgewendheid verwag nie. Die transaksie sal gefinansier word deur beskikbare bronne van kontant.”
Brei teenwoordigheid uit
Mnr. Chris Schutte, die hoof uitvoerende beampte, sê die transaksie is strook met hul strategie om pluimveeverwerking uit te brei na gebiede waar hulle nie tans teenwoordig is nie.
Die slagplaas is naby die maatskappy se Meadow Feeds-aanleg in Pietermaritzburg geleë.
“Ons sien beslis sinergistiese voordele wat uit dié transaksie getrek kan word en ons is opgewonde om die onderneming op te bou en uit te brei. Tot op hede was Astral nog nie ’n deelnemer in die vars pluimveemark in KwaZulu-Natal nie,” merk Schutte op.
’n Vyfjaar-plan
Mnr. Gary Arnold, die direkteur van sake-ontwikkeling by Astral, sê tans maak vars hoender sowat 90% van Mountain Valley se totale produksie uit. Die slagplaas verpak en versprei ook produkte vir ander handelsmerke na hoofstroomhandelaars.
“Mountain Valley kan nie tans aan die vraag in KwaZulu-Natal voldoen nie, en dít verskaf aan Astral die kans om dié slagplaas uit te brei.” Arnold sê hulle beoog om die slagplaas se kapasiteit oor die volgende vyf jaar so uit te brei dat die slagplaas ’n deurslaggewende rol in die provinsie se pluimveemark sal speel.
15 April 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)