|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 04:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
In vorige
aflewerings in hierdie reeks het ek dikwels melding gemaak van die spesiale
belastingvoordele wat die Wet op Inkomstebelasting aan boere beskikbaar stel.
Vandeesweek bespreek ek van hierdie voordele vollediger.
'n
Afsonderlike deel van die Wet op Inkomstebelasting, die Eerste Skedule, word gewy aan die belastingbetaler wat 'n boerdery bedryf. Dit bevat talle waardevolle belastingvoordele, die belangrikste die reg wat aan boere gegee word om 'n wye reeks kapitaalontwikkelingsuitgawes - die volle bedrag - wat gedurende die jaar van aanslag aangegaan is, in die berekening van belasbare inkomste af te trek.
Om die belangrikheid hiervan (en die "klas-privelegie") te verstaan, moet 'n mens besef dat die algemene beginsel (van toepassing op alle belastingbetalers buiten boere) is dat uitgawes "van 'n kapitale aard" nie aftrekbaar is nie. Dus, byvoorbeeld, as 'n winkelier 'n pakkamer wil aanbou, is die koste daarvan nie aftrekbaar nie, want dit is 'n kapitaal-uitgawe. ('n Kapitaaluitgawe is een wat die struktuur van die besigheid skep, soos die aankoop van 'n perseel of gereedskap om 'n sakeonderneming aan die gang te sit, of die uitbreiding daarvan, soos die bou van 'n tweede verdieping aan die sakegebou.) Maar as ek 'n boerdery bedryf en ek bou 'n gebou waarin my gereedskap gebêre word, of 'n woonplek vir my werkers, is die boukoste alles aftrekbaar. (Maar die koste van 'n nuwe huis, of uitbreiding aan die huis, is nie aftrekbaar nie omdat dit nie 'n besigheidsverwante uitgawe is nie.)
Ander dergelike kapitaaluitgawes wat 'n boer mag aftrek, is onder meer vir:
Boere se reg om sulke kapitaaluitgawes geheel en al in die belastingjaar waarin dit aangegaan is, af te trek, is 'n besonder voordelige situasie. Dit gee die boer die kans om sy/haar belasbare inkomste (en dus inkomstebelasting) na willekeur te verminder. En as die aftrekbare uitgawes die boerderyinkomste oorskry, kan die verlies tot die volgende jaar oorgedra word. Sodoende verhoog die plaas se waarde en wanneer dit verkoop word, kry die boer sy/haar uitgawes terug in die vorm van 'n kapitaalwins wat teen 'n betreklik lae koers belas word. (Die kapitaalwins word ook belasbaar wanneer die boer te sterwe kom.)
Hierdie belastingvoordele is egter
onderworpe aan sekere spesifieke reëls betreffende lewende hawe en ook aan
statutêre teenontduikingsbepalings wat ek mettertyd sal bespreek.
28 Junie 2002
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24