18 Januarie 2010

2616 keer gelees | 0 kommentaar

Belegging in Afrika werp vrugte af en Sanlam meen daar is plek vir ‘n tweede Agri-Vie-fonds, wat meer beleggers die geleentheid sal bied om in Afrika te belê.


Die Agri-Vie-fonds, 'n private aandeelfonds van Sanlam Private Equity en die beleggingsgroep Strategy Partners, sal sy teiken van $100 miljoen se beleggings in landbouprojekte teen Maart vanjaar bereik. Luidens ‘n berig van Reuters Africa kan dié bedrag moontlik verdriedubbel word vir ‘n tweede fonds.

Mnr. Herman Marais van Strategy Partners en besturende direkteur van die fonds, het verlede jaar gesê die fonds gaan hom toespits op beleggings in entrepreneursaktiwiteite in die landbouwaardeketting, eerder as in boerderye of landboumaatskappye.

Aansienlik groter
"Dit bied aan institusionele beleggers 'n kans om in die landboumark in Afrika te belê en gee strategiese bystand aan die eienaars van landboubesighede. Die fonds dra risikokapitaal en bestuurskennis by om die potensiaal van dié besighede ten volle te ontsluit."

Mnr. Izak Strauss, uitvoerende bestuurder en hoof beleggingsbeampte van die fonds, verduidelik die tweede fonds sal aansienlik groter as die eerste sal wees “… moontlik in die omgewing van $200 miljoen tot $300 miljoen”.

Die fonds sal blykbaar in 2013 of 2014 geloods word.

Projekte van Tanzania tot Ethiopië
Volgens Strauss is vooruitsigte om vanjaar $25 miljoen in vyf nuwe projekte te belê, insluitend ‘n toerismeprojek van $4 miljoen in Tanzanië. Daar is ook in fondse in die New Forests Company (NFC), ‘n bosbou- en houtproduktegroep in Uganda, Tanzanië, Rwanda en Mosambiek belê.

Hul tweede belegging was $3,5 miljoen in africaJUICE, ‘n maatskappy wat vrugtesproduksie in Oos-Afrika wil vestig en in die Europese en Asiese markte wil meeding. Strauss sê die maatskappy hoop dat Ethiopië se ideale groeitoestande en ligging daartoe sal bydra dat Europese maatskappye nie meer so sterk op die vrugtemark van Suid-Amerika sal steun nie. Die maatskappy sal moontlik teen die middel van dié jaar vrugte begin uitvoer. 

Bron:
Reuters Africa

18 Januarie 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights